Schools & sport

Northam Rhinos in blou!

18 October 2022 · Platinum Bushvelder

Northam Rhinos in blou!

Setaria – Die Northam Rhinos spog met vier spelers wat gekies is om die Blue Bulls span te verteenwoordig by die Rugby Tens Championships.

Hierdie is ‘n fenomenale geleentheid vir spelers om teen van die internasionale-bestes deel te neem. 
En die feit dat Northam Rhinos se kaptein, Chaney Willemse, gekies is as die kaptein vir die Blue Bulls 10s is nóg ‘n veer in die Rhinos se hoed.


Ashwill Adams, Chaney Willemse, Anthony Brand, en Maverick van der Merwe het reeds hul eerste wedstryd agter die rug wat op 7-8 Oktober 2022 te Pretoria plaasgevind het.

Die manne vertrek op 13 Oktober na Stellenbosch waar hul op 14 en 15 Oktober aan die tweede gedeelte van die kampioenskappe sal deelneem.

Van links: Ashwill Adams, Chaney Willemse, Anthony Brand, en Maverick van der Merwe is gekies om die Blue Bulls span te verteenwoordig by die Rugby Tens Championships.

#FosteringASenseOfCommunity