Schools & sport

Northam Rhinos is reg vir die Sevens

5 October 2022 · Platinum Bushvelder

Northam Rhinos is reg vir die Sevens

Setaria – Die Klerksdorp Sevens Toernooi is een van die grootste sosiale sportgeleenthede in die land. Dit is twee dae van intense, aksiebelaaide wedstryde.


Spanne van regoor Suid Afrika neem deel en dis nie net vir rugby entoesiaste nie, maar sluit verskeie ander sportsoorte soos netbal, hokkie, fiksheid uitdagings en selfs rolbal in.


Met 134 wedstryde wat gespeel word, kan jy verseker weet die kompetisie gaan nie maklik wees nie. Gelukkig is die Northam Rhinos se horings goed geslyp en die manne is reg vir aksie.

Die Northam Rhinos sal op 30 September Klerksdorp toe reis om aan die toernooi deel te neem.

#FosteringASenseOfCommunity