Schools & sport

Reguit pyle in Estonia

16 September 2022 · Platinum Bushvelder

Reguit pyle in Estonia

Thabazimbi – Estonia (geleë in Noord Europa) was die gasheer vir die 2022 Wêreld Veldskiet Kampioenskappe (WFAC) van 8 tot 13 Augustus. 


Thabazimbi Boogklub spog met sewe skuts in verskeie veldskiet-afdelings wat deelgeneem het.
Vyf bane is met groot sorg beplan en elke skut moes groot vernuf ten toon stel. 


Thabazimbi het heelwat raakskiet kampioene opgelewer. Dokter Gary Bauer het ‘n goue medalje verower. Maya Broekhuizen het ‘n goue medalje gekry asook ‘n wêreldrekord verbeter.

Meagan Shamrock het ‘n silwer medalje ontvang terwyl en Bianca Coetzee met ‘n brons wegstap in die dames afdeling. Gert Snyman kry ‘n vyfde plek terwyl Shanel Furstenburg en Mathilda Broekhuizen beide ‘n vierde plek inpalm.

Thabazimbi Boogklub vergader elke Dinsdagaand by die Koos Cronje skietbaan om 17:45. Bring jou boog en kom kuier saam. Meer inligting is by Thaba Boog en Hengel beskikbaar of skakel Gert Snyman by 084 402 0169. 

Van links (agter die flag): Lourens Nel (Mpumalanga), Kobus Barnard (Vrystaat), Bianca Coetzee, Meagan Shamrock, en Maya Broekhuizen.

#FosteringASenseOfCommunity