Schools & sport

‘n Harde hou vir die Rhinos

6 September 2022 · Platinum Bushvelder

‘n Harde hou vir die Rhinos

Setaria – Die Northam Rhinos het hul man gestaan op Saterdag 21 Augustus, maar aan die einde van die wedstryd teen die Naka Bulle verloor. 


Die eerste span verloor dalk hul wedstryd 41-22 maar die tweede span wen hul wedstryd 29-27 en die derdes wen 26-5.


Hierdie naweek speel hulle teen Betway Centurion. Die Rhinos staan tans vierde op die punteleer met 38 punte en het ‘n bonuspunt oorwinning nodig om hul semi-finaal plek te verseker.

Die vierde span sal ook die naweek ‘n kans kry om op die veld uit te hardloop teen Amandelbult en die wedstryde skop 11:30 af. Maak seker jy is daar om ons manne te ondersteun!

#FosteringASenseOfCommunity