Ons rugby trots!

Setaria – Impala Rugby Klub het hard geveg in hul World Sports Betting Carlton Cup wedstryd teen die Northam Rhinos op Saterdag 6 Augustus, maar die sterker Rhinos het uiteindelik as wenners uit die stryd getree.
Op die paviljoen het die skare goeie geesdrif gewys toe die Northam Rhinos binne die eerste vyf minute van die wedstryd hul eerste gedruk het. Die Rhinos het voortgegaan om die verrigtinge in albei helftes van die wedstryd te oorheers en met ‘n welverdiende telling van 57-12 van die veld afgestap.
Die tweede span het ook nie terug gestaan vir hul opponente nie, en spog met ‘n telling van 83-3 terwyl die derde span 40 punte aanteken teen Impala se 10 punte.
Knapgedaan manne!
#FosteringASenseOfCommunity
