Rhinos wen twee uit drie

Rustenburg – Die Northam Rhinos het op hul tuisveld teen die Pretoria Harlequins op Saterdag 30 Julie te staan gekom.
Gedurende die eerste helfte was die puntebord in die eerstespan se guns met ‘n telling van 15-10, maar twee geel kaarte in die tweede ronde het hul planne in die wiele gery. Hulle verloor die wedstryd met 30-20.
Die tweede- en derde span het egter as oorwinnaars uit die stryd getree. Die tweede span wen hul wedstryd met 48-39 en die derde span eindig met ‘n telling van 28-27.
Hierdie naweek gaan kuier die Northam Rhinos in Rustenburg op Saterdag 6 Augustus waar hulle teen Impala Rugby Klub op die veld uit hardloop.
#FosteringASenseOfCommunity
