Rugby Kampioenskappe 2022

In Nelspruit is daar rugbykoors soos min ou grote! Die Springbokke en die All Blacks pak mekaar Saterdagmiddag 17:05 in Mbombela Stadion. Baie vrae word gevra deur beide spanne, maar na tagtig minute sal die antwoord kort en kragtig op die telbord beslissend wees.
Die Bokke se groot voordeel is dat daar meer as 50,000 Bokondersteuners in die pawiljoene teenwoordig sal wees. Van een ding is ons verseker ou grote... Die Bokke sal nie die All Blacks moet onderskat na hul reeks neerlaag teen die Iere nie! Die Iere is ongetwyfeld tans die beste rugbyspan op planeet Aarde.
Dit gaan ‘n verbete stryd wees en ons sal maar in spanning moet wag tot Saterdagaand ou grote.
Die omstrede besluit oor die twintig minute rooi kaart gaan ook toegepas word. As ‘n speler ‘n rooikaart ontvang, sal hy dan vervang word deur iemand op die bank. Kom ons hoop maar daar is nie rooikaarte in die laaste twintig minute nie!
So terloops, Argentinië speel gasheer vir Australië Saterdagaand om 21:10.
Geniet die ruggas maats!
Springbok Sewes
In Birmingham, Engeland, het die Blitsbokke een van hul beste vertonings ooit gelewer deur Goud te behaal in die 2022 Statebondspele.
Die Blitse was onoorwonne en klop die sterk span van Fidji 31-7 in die finaal. Die Blitse druk 34 drieë en staan net 4 drieë af in die toernooi – ‘n uitsonderlike prestasie. Die Blitsbok Angelo Davids behaal drie hattricks wat opsigself ‘n puik prestasie is.
Nag ou grote...
#FosteringASenseOfCommunity
