Schools & sport

Die Ertse “dress” op

8 February 2022 · Platinum Bushvelder

Die Ertse “dress” op

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se Graad 8’s of “Ertse” soos hul meer bekend staan, se eerste paar weke by die skool was omtrent ‘n jol!

Daar was verskeie kleredrag temas en die jongspan het nie teleurgestel nie! Die eerste tema op Dinsdag 18 Januarie was “kos”, waar hulle ‘n voedselsoort of kos-item moes uitbeeld...

EN die kos-woord moes dan begin met die eerste letter van hul naam. ‘n Goeie voorbeeld was beslis Regard de Klerk wat as ‘n “rib” aangetrek het. Vir die tweede tema, op Donderdag 20 Januarie, moes hulle soos ‘n sprokiekarakters aantrek.

Harry Potter, ‘n Ninja Turtle en vele Minnie Muise het oor die skoolgronde gepronk. “My droom loopbaan” was die derde tema en op 31 Januarie was daar dokters, boere en konstruksie werkers om net ‘n paar te noem.

Photo 1: Regard de Klerk 

Photo 2: Ertse as sprokiekarakters

#FosteringASenseOfCommunity