Schools & sport

HSBC Sewes Reeks Malaga

29 January 2022 · Platinum Bushvelder

HSBC Sewes Reeks Malaga

Die Blitsbokke se stertjies waai sonder ophou in Malaga, Spanje. In die derde toernooi van die kompetisie klop die Blitse vir Argentinië in ‘n riller.

Met die klok op 1:18 in die rooi en die telling met 17 punte elk, klop Selvyn Davids met ‘n verbysterende vaartversnelling en aftrap ‘n paar Pumas om die wendrie en die titel vir die Blitse in te palm.

Die Blitse wen dan 24-17. ‘n Paar van die Puma spelers het in trane uitgebars na die eindfluitjie geblaas het. Dit is die eerste keer in ‘n dekade dat hulle die finaal van ‘n toernooi gehaal het. Hierdie oorwinning is die Blitse se derde in ‘n ry in die reeks. 
Well done Blitse!

United Rugby Championship

Lions vs Sharks
Die 84 punte wat elf drieë insluit was seker die moeite werd vir die 2,000 toeskouers in Jo’burg op Ellispark, ou grote. Die baie drieë soos deur iemand tong in die kies laat val het, is dalk ‘n bron van kommer vir beide spanne se verdedigingslinie.


Die Haaie klop die moedige Leeus 47-37. Met rustyd was die Haaie voor met 27-18 maar die Leeus was duidelik nie uit die game nie. Onnodige foute en swak keuses was die Leeus se ondergang.
Vir die Haaie het die Springbok vleuel Makazole Mapimpi ‘n skittervertoning gelewer en druk drie puik drieë. Hy het ook ‘n groot aandeel Lukhanyo Am se drie. Mapimpi is ook welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.


Die Leeus se volgende game is op Saterdag 29 Januarie teen die Bulle in Jo’burg. Die Haaie gaan in Durban teen die Stormers uitdraf.

Bulls vs Stormers
In ‘n riller op Fort Loftus voor 2,000 toeskouers klop die WP die Bulle 30-26 ou grote. Dit was die Bulle se eerste nederlaag in ‘n baie lang tyd, amper soos voor Covid-19 toe daar vir baie games rekord skares van 2,500 mense was...

Die Kapenaars het verwoed ingeklim van die afskop af en was met rustyd 18-7 voor. Bra Jake het toe vinnig na halftyd sy grofgeskut opgestuur en dit het ‘n groot verskil vir die Bulle teweeggebring. Morné Steyn was meesterlik en veral met die strafskop toe hy vir Embrose Papier met ‘n skop aangee gesorg het vir ‘n puik drie.

Vir die Stormers het Seabelo Senatla seker sy beste game ooit gespeel en druk twee skitterdrieë en het ook aandeel in die wendrie van die plaasvervanger skrummie, Paul de Wet. Manie Libbok het op losskakel ‘n goeie game gehad.

Warrick Gelant het ook met sy verskyning in die tweede helfte van die bank puik spel opgelewer. Met die tegniese probleme in die tweede helfte kon daar nie na die derde skeidsregter verwys word nie, maar Jaco Peyper het twee moeilike situasies puik beheer met sy beslissings. Die Bulle speel op 29 Januarie teen die Leeus in Jo’burg. Die Stormers moet Durban toe reis om teen die Sharks uit te draf.


URC bepalings:
Vrydag 29 Januarie

  • 21:35 - Ulster vs Scarletts
  • 21:35 - Dragons vs Benetton

Saterdag 29 Januarie

  • 15:00 - Lions vs Bulls
  • 16:35 - Connacht vs Glasgow Warriors
  • 17:05 - Sharks vs Stormers
  • 19:00 - Zebre vs Munster
  • 19:05 - Edinburgh vs Ospreys
  • 21:35 - Cardiff Leinster

En so terloops, baie geluk vir Mark Boucher se Proteas wat die Indiërs bloedneus geslaan het om die eendag reeks met 3-0 te wen!


Maats, wees geduldig tuis met vroulief en skoonmoeder, maar moenie lui word nie! Braai uit volle bors en glas! 


Nag ou grote...

#FosteringASenseOfCommunity