Curriebeker 2022

Pumas vs Bulls
In Nelspruit skop die 2022 Curriebeker seisoen af in lekker-Laeveld reën ou grote. Die Bulle wen gemaklik met 33-19.
Die Bulle se nuwe coach, Gert Smal, het verras om van die Bulle se Ultimate Rugby Championship spelers te gebruik vir die game. Seker maar om ‘n stewige begin vir die seisoen in te kry.
Mens sal maar moet sien hoe die Bulle sonder die spelers teen die WP gaan vaar... Die Bulle het voorlangs oorheers en het veral in die vaste skrums die Pumas laat knor. Die Pumas se dissipline was ook nie op standaard nie en het baie onnodige strafskoppe afgestaan.
Cheetahs vs Griekwas
In die Rosestad klop die Cheetahs die Griekwas 30-20. Coach Hawies Fourie is seker nie baie opgewonde oor die oorwinning nie, want die tuisspan het baie verroes gelyk en sal vinnig hul sokkies moet optrek om saam met die groot honne te wil blaf.
Ruan Pienaar het vyftien punte aangeteken met sy skopskoen. Pienaar is ook die cappie van die Cheetahs. Springbok François Steyn het op binnesenter vir die Blikore uitgedraf en kan tevrede voel met sy vertoning.
WP vs Lions
In Kaapstad begin die Leeus se seisoen maar rampspoedig. Die WP klop hulle 48-36 in ‘n drieë-fees. Dertien drieë word gedruk en drie daarvan vir die debutant vir die WP se Angelo Davids. Die gewese Blitsbok het lus gelyk vir rugby en gaan nog ander spanne hoofbrekens gee die seisoen.
Die gewese Hacjivah Dayimani het op agsteman vir die WP uitgeblink. Die Leeus het ‘n baie jong span met baie veggees maar sal beslis nie ‘n pushover wees nie. Dertien spelers het hulle debuut vir die Leeus gemaak op Saterdag. Teen druktyd is die tweede rondte gespeel
• Lions vs Pumas • Sharks vs Griekwas • WP vs Bulls
Nag ou grote...
