Puik programmering

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer leerder SJ van der Linde en Cara Pieterse het deelgeneem aan die jaarlikse Programmering Olimpiade.
Daar het 558 leerders deelgeneem en hulle het dit reggekry om in die top 15% op te eindig. SJ het ‘n goue sertifikaat verwerf wat beteken hy het 100% gekry en Cara het ‘n silwer sertifikaat verwerf waar sy 92% gekry het.
#FosteringASenseOfCommunity
