Schools & sport

Hou bene hou! 

22 October 2021 · Platinum Bushvelder

Hou bene hou! 

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi spog met 22 atlete wat op Saterdag 16 Oktober aan die Top 10 Atletiekbyeenkoms te Naboomspruit deelneem het.   


Hier moes hulle teen 15 ander skole meeding. Die atlete het hul uitstekend van hulle taak gekwyt. Laerskool Thabazimbi eindig algeheel in die derde plek (268 punte) met Impala Atletiekklub tweede (296 punte) en Lynwood Atletiekkblub in die eerste plek (299 punte).


Hul verwerf 12 goue medaljes, 7 silwer medaljes en 6 brons medaljes tydens die byeenkoms. Die atlete maak ook hul skool trots met die agt vierde plekke en vier vyfde plekke wat behaal is.

Geluk aan al die atlete met hulle puik prestasies. Baie dankie ook aan al die afrigters vir julle moeite en tyd wat julle aan die atlete spandeer.  

Laerskool Thabazimbi se atlete het vele medaljes huis toe gebring.

#FosteringASenseOfCommunity