Ultimate Rugby Championships: Week 4

Edinburgh vs Bulls
Die Bulle verloor hulle laaste game op toer met 17-10 teen Edinburgh. Dit was regtig ‘n slapgat vertoning deur die Pretorianers. Alhoewel die omstrede beslissing van die drie wat Madosh Tambwe nie toegeken is nie, het die Bulle ook nou nie verdien om die een te wen nie. Die Bulle se volgende game is 27 November teen Munster op Loftus in Pretoria.
Ulster vs Lions
Ulster klop die Lions 26-10. Met die halftyd telling 12-10 was daar nog gehoop die Jo’burgers kan die wa deur die drif trek. Maar uiters swak balhantering en opsies het die Leeus duur te staan gekom. Die Leeus se volgende game is 28 November in Jo’burg teen Cardiff.
Cardiff vs Sharks
Op Arms Park klop Cardiff die Sharks in ‘n treurige game 23-17. Met rustyd was die Haaie 10-17 agter en daar is gehoop dat hulle sal opdaag in die tweede helfte, maar dit het toe nie gebeur nie. Die Durbaniete het vir twintig minute in die tweede helfte in die Cardiff gebied geboer maar weens swak en verkeerde opsies kon hulle nie die een aftrek nie. Die Sharks se volgende game is 27 November in Durban.
Dylan Richardson, belowende losvoorspeler van die Haaie, gaan egter aanbly want die mannetjie is deur Skotland gekies vir hulle toetse later vanjaar.
Dragons vs Stormers
In Newport behaal die Stormers ‘n welverdiende oorwinning oor die Dragons en wen 24-10. Met rustyd was die Dragons 10-9 voor. Die tweede helfte het egter aan die Kapenaars behoort. Twee puik drieë deur Leolin Zas was deurslaggewend.
Manie Libbok teken 14 punte aan en was baie bestendig op no. 10. Warrick Gelant het ook baie goeie spel op heelagter gelewer en sal beslis in die Bokgroep ingesluit word vir die jaareinde toer. Die Stormers keer ook terug SA toe en speel hulle volgende game 27 November teen Zebre in Kaapstad.
Ander uitslae:
- Zebre 6 - 17 Glasgow Warriors
- Benetton 26 - 29 Ospreys
- Leinster 50 - 15 Scarlets
- Munster 20 - 18 Connacht
Bepalings:
Vrydag 22 Oktober
- 20:35 - Scarlets vs Benetton
- 20:35 - Glasgow vs Warriors
Saterdag 23 Oktober
- 18:15 - Connacht vs Ulster
- 18:15 - Cardiff vs Dragons
- 20:35 - Ospreys vs Munster
Aimee Barrett-Theron van Suid Afrika se naam moet genoem word ou grote! Sy word die eerste vroulike ref in die URC vir die spannende game tussen die Ospreys en Benetton wat 29-26 deur die Ospreys gewen is.
Aimee het oral heen groot lof ontvang van die ringkoppe vir die manier wat sy haar fluitjie hanteer het. Soms met groot humor en net voor sê sy vir die spelers wat mekaar begin rondstamp en pluk. “I came all this way to referee rugby, not to look after children.”
Aimee is maar 34 jaar oud en gaan een van die beste refs word as sy voortbou op hierdie puik vertoning. Is maar vreemd en skepties vir die ouer garde om ‘n vrou in die posisie te sien, maar sy het haar kritiek lelik op die neus laat kyk.
Internasionale Rugby
Die groot nuus is die aankondiging van Bok losskakel Morné Steyn wat toets rugby vaarwel roep. Die 37-jarige legende sal nog vir die Bulle beskikbaar wees. Veral Steyn se bydrae tot twee toetsreeks oorwinnings oor die Britse Leeus sal altyd onthou word. Steyn was ‘n skitterende losskakel en ambassadeur op en af die veld.
Bepalings:
23 Oktober
- 06:45 - Japan vs Australië
- 21:30 - VSA vs Nieu-Seeland.
Nag ou grote...
#FosteringASenseOfCommunity
