Rugby Championship

Australië vs Argentinië
Die Wallabies klop die Pumas weer gemaklik met 32-17 en eindig dan tweede op die puntetabel in 2021.
Die Wallaby vleuel Andrew Kellaway het ‘n goeie dag op kantoor gehad en word beloon met ‘n driekuns. Die Aussies speel tans goeie ruggas en gaan beslis met baie meer selfvertroue die Europese manne later vanjaar laat les opsê. Vir die Argentynse-afrigter korps lê daar nog baie werk voor...
NZ vs SA
Die Bokke verras vriend en vyand en klop die All Blacks 31-29. Die toets was weer brutaal en geen genade is gevra of gegee nie.
Definitief een van die mees spannende en beste toetse van die eeu! Bloed het soos sweet gevloei maar klipharde ruggas tussen hierdie twee is maar altyd aan die orde van die dag. Die skoen was nou aan die ander voet, en Elton Jantjies klits ‘n strafdoel deur die pale in die 82ste minuut. Die Bokke het strate beter gespeel met Duane Vermeulen wat die groot vonk en yster vir die Bokke was.
Vermeulen was goed bygestaan deur Kwagga Smith. Jacques Nienaber het sy plaasvervangers meesterlik aangewend. François Steyn wat die sukkelende Willie le Roux net na halftyd vervang het, was die verskil tussen wen en verloor ou grote. Welgedaan Bokke!
Nag ou grote...
#FosteringASenseOfCommunity
