United Rugby Championship

O aarde ou grote! Die Suid-Afrikaanse spanne kom met die harde werklikheid van ruggas in die Noordelike Halfrond terug aarde toe na die eerste rondte van die URC. Die enigste liggie in die donker tonnel was die Leeus wat hulle eerste game kon wen.
Ons land se ruggas is nie op ‘n goeie plek nie maters. Ons Curriebeker reeks is dalk die oudste kompetisie in rugby, maar duidelik nie meer op standaard nie...
Die tempo wat die Noordelike spelers opdis, is verbysterend. Ter versagting kan die reis soontoe en terug aanpassings genoem word.
Die Bulle en die Stormers moet nie alleen voel nie. Die Haaie is egter duidelik ver agter en sal vinnig hul vinne in ‘n ry moet kry om saam met die groot honde te kan blaf. Die Leeus sal ook vinnig moet leer om nie ‘n telling te verdedig nie, 35-0 voor met rustyd en wen 38-26.
Bepalings Week 2:
Vrydag 1 Oktober
- 20:38 - Scarlets vs Lions
- 20:35 - Connacht vs Bulls
Saterdag 2 Oktober
- 14:00 - Benetton vs Edinburgh
- 16:00 - Glasgow Warriors vs Sharks
- 18:15 - Zebre vs Ulster
- 20:35 - Munster vs Stormers
- 20:35 - Ospreys vs Cardiff
Sondag 3 Oktober
- 15:00 - Dragons vs Leinster
Op ‘n hartseer noot wil ons hulde bring aan Oom Bushy Oliver (88) wat oorlede is. Oom Bushy was Mnr Griekwas en sy afsterwe gaan ‘n groot leemte los in die gees van die Griekwas. Kimberley se rugbyvlae hang halfmas. Rus in vrede oom Bushy. Jou teenwoordigheid langs die veld gaan gemis word.
Nag ou grote...
#FosteringASenseOfCommunity
