HFM krieketmeisies tops!

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) dogterskrieketspan het Ben Viljoen ore aangesit op 22 September.
HFM kolf eerste en maak 166/6 in 20 beurte. Charne van der Berg kolf 69 n.u.n. en Abigail Visser kolf 24 en Leili Steenkamp 22.
Ben Viljoen kry 112/7 in hul 20 beurte. Charne verower twee paaltjies vir vier lopies in haar vier beurte en die span se veldwerk was puik!
#FosteringASenseOfCommunity
