Schools & sport

Currie Cup Rugby

7 September 2021 · Platinum Bushvelder

Currie Cup Rugby

Uitslae... 
Griekwas 13 -13 Pumas
Bulls 39- 36 Cheetahs
Sharks 24 - 35 WP


Die WP span het by die agterdeur ingeglip die afgelope naweek met hul oorwinning oor die Haaie in Durban. Dit was ‘n moet-wen situasie en hulle kon dit vermag om die Pumas uit die vierde plek op die log te druk. 


Die WP gaan nou eerskomende Vrydag Loftus toe reis om die Bulle in ‘n halfeindstryd te pak. Die game skop om 19:00 af.


Die Haaie gaan op hulle beurt Saterdag om 17:00 teen die Griekwas in Durban uitdraf in die ander halfeindstryd. Vir die Griekwas is dit ‘n groot affêre en die Diamantboere gaan met alles kom na die Haaitenk.


Die bepalings speel nogal baie in pappa se guns... Vrydagaand braai en natuurlik dan ook Saterdagmiddag met die tweede game is die vure weer aan en die kouetjies byderhand. Kom ons hoop die refs en die weer gaan saamspeel sodat ruggas kan seëvier.
Nag ou grote...

#FosteringASenseOfCommunity