Schools & sport

SA vs Britse en Ierse Leeus

13 August 2021 · Platinum Bushvelder

SA vs Britse en Ierse Leeus

Twaalf jaar later en Morné Steyn, effens gryser om die slape, bly weer koelkop en behaal die wenpunte met ‘n puik strafdoel om die Bokke met 19-16 te laat wen.

Sodoende het hul die reeks 2-1 beklink. Maklik was die toets nie ou groene. Dit was titanies en genadeloos en weer was daar nie plek vir sissies nie. Franco Mostert het sy beste toets ooit vir die Bokke gespeel en het Pieter-Steph du Toit se groot tokse fantasties gevul.

Agterlangs het Cobus Reinach baie goed op skrummie vertoon. Damian de Allende was weer ‘n meneer maar dit was Cheslin Kolbe se puik drie wat die koek gevat het. Kolbe het gewys hoekom hy as een van die bestes op planeet rugby is.


Rassie Erasmus en kie het nogal verras met hul spankeuses vir die eerste toets teen die Pumas in die 2021 Rugby Kampioenskaps-reeks wat eerskomende Saterdag afskop. Slegs vier spelers wat in die toets teen die Britte gespeel het gaan weer uitdraf. Hoop nie dié besluit gaan hulle in die hakskeen byt nie. In die eerste game van die reeks het die All Blacks die Wallabies 33-25 getroef. 

Curriebeker 2021 uitslae

  • Sharks 35 - 28 Bulls
  • Griekwas 42 - 45 Lions
  • WP 40 - 39 Cheetahs
  • Lions 44 - 44 Cheetahs

Nag ou grote...