SA vs Britse en Ierse Leeus

In die tweede toets tussen hierdie twee spanne het die vonke gespat en hare gewaai ou groenie. Dit was baie hard maar tog so lekker was in die kleedkamer gehoor.
Die Bokke het met ‘n helse spanpoging gekom en wen die tweede toets 27-9 nadat hulle met 9-6 agter was toe hulle gaan koeldrankies drink het.
Die tweede helfte het aan die Bokke behoort en kort na rustyd gaan druk Makazole Mapimpi die Bokke se eerste drie na ‘n puik dwars skop van Handrè Pollard. Die Bokke se tweede drie word na ‘n slim skoppie van Faf agterna gesit deur Lukhanyo Am om die bal sentimeters van die doodlyn toe te val. Pollard slaag met die twee doelskoppe en klits ook vyf strafskoppe deur die pale vir ‘n persoonlike telling van sewentien punte.
Die Bok voorspelers en veral die drie swaargewigte in die voorry het die Ingelse hard gestamp ou grote. Steven Kitshoff, Bongi Mbombani en Frans Malherbe is na sowat 55 minute deur deel van die ‘bomb squad’ vervang.
Trevor Nyakane, Malcolm Marx en Vincent Koch het verder die Ingelse geboelie met so dat die Engelse stut, Kyle Sinckler, vir Franco Mostert aan die arm gehap het soos ‘n wafferse Engelse boelhond. Sinckler kan tot ses maande uit alle tipe rugby geskors word as hy skuldig bevind word. Hy is wel vir die beslissende derde toets verkies.
Intussen het Warren Gatland iets vreemds gekou want hy sy met sy skielike suur houding is nou nie juis aangenaam nie. Gatland roep sy span uit en maak ses veranderinge vir die beslissende toets. Hy kies Alun Wyn Jones en Ken Owens in die voorste linie om weer geboelie te word. In die agterlyn maak hy vier veranderinge. Liam Williams is op heelagter, Josh Williams op linker vleuel, Bundee Aki op binnesenter en Ali Price is terug op skrumskakel. Mr, Farrell het dit toe nie gemaak nie...
Rassie is bietjie in die warm water na sy video verlede week maar slaap definitief nie onrustigtig nie. Hy het weer bewys dat hy ‘n vegter en dat bang en skrik ‘n bygeloof is. So terloops, die ref van die tweede toets Ben O’Keeffe was skitterend, maar dis ‘n maklike som, hy is ‘n Kiwi.
Noodgedwonge veranderings aan die Bokspan is die ontydige beserings wat Pieter-Steph du Toit en Faf de Klerk opgedoen het. Franco Mostert vervang du Toit op flank en Lood de Jager begin op slot.
Cobus Reinach vervang de Klerk op nommer nege. Die ‘bomb squad’ gaan nou slegs uit vyf vories gekies word. Nyakane, Marx, Koch weer die voorry van dood, met Kwagga Smith en Marco van Staden die losvories. Veteraan Morné Steyn is op die bank saam Herschel Jantjies en Damian Willemse.
Die derde toets gaan massief wees. Kom ons hoop en vertrou rugby sal die wenner wees. Gaan groot of gaan huistoe...
Nag ou grote.
Curry Cup
Uitslae:
- WP 13 - 34 Bulls
- Lions 33 - 36 Pumas
- Sharks 27 - 37 Griekwas
Well done Pumas en Griekwas!
