Schools & sport

Springbokke vs Britse en Ierse Leeus

30 July 2021 · Platinum Bushvelder

Springbokke vs Britse en Ierse Leeus

In Kaapstad kom Rassie Erasmus en sy Wêreldkampioene hard terug aarde toe ou grote. Dit was ‘n klipharde toets wat na 80 minute deur die Leeus gewen word met 22-17. 


Die eerste helfte het dit nog goed gelyk vir die Bokke wie met rustyd 12-3 voorgeloop danksy die skopskoen van Handrè Pollard. In die tweede helfte het die Leeus se bekke gewater en stelselmatig die oorhand oor Bok se kind gekry. 


Die Ingelse het nie ‘n treë teruggestaan vir die Bokke nie... nie eens Eben Etzebeth, ‘n yster in die trompop botsings, kon hul stuit nie. Vir die Leeus het die slot Maro Itoje gewys hoekom hy as een van die bestes op die rugby planeet beskou word. Hierdie vurige slot het nie gehuiwer om Etzebeth en kie aan te vat nie en is ook as die speler van die toets aangewys. Sy slotmaat en cappie, Alun Wyn Jones, was waardevol met sy inspirerende leierskap en spel. 


Die Bok coach het vir Jasper Wiese in die plek van Kwagga Smith vir die tweede toets gekies met Marco van Staden op die bank. Die Bok agterspelers was op die aanval ‘n nul op ‘n kontrak en die uiters sinnelose skoppies van Faf sal nog lank onthou word... What the faf, Faf? 


Die tweede toets Saterdag in Kaapstad is soos ‘n eindstryd ou grote. Die Leeus gaan met nóg ‘n groter aanslag kom. Warren Gatland is ‘n uitgeslape Kiwi wat geestelik sy span sal motiveer om die tweede toets te wen – én ook die reeks!


Kan die Bokke terugkom ou groene? Dít is die vraag op duisende Bok-aanhangers se lippe. Maklik sou ek sê... hou die bal in hand en skop as dit nodig is, so maklik soos dit... 
Get back to basics! 

Nag ou groene...

Curriebeker uitslae

  • Cheetahs 30 - 47 Sharks
  • Pumas 23 - 37 WP
  • Bulls 40 - 21 Lions