Schools & sport

HFM hoop!

30 July 2021 · Platinum Bushvelder

HFM hoop!

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het op Maandag 26 Julie heropen met ‘Hoop’ as die tema vir die derde kwartaal van 2021.

HFM se opening, Skriflesing en gebed is behartig deur drie plaaslike predikante, naamlik Ds. Roelf Smith, Ds. Bernard van Wyk en Ds. Neville Boy. Hul bedank in besonder die gemeenskap vir hul volgehoue ondersteuning. 


As skool moet ons weet dat die Covid-19 pandemie baie groot eise aan elkeen stel. Dit is egter belangrik dat HFM die baken van hoop is, en hoop is die genade wat God vir ons elkeen bestem. Die skoolbestuur, beheerliggaam en HFM doen alles binne hul vermoë om steeds elke leerder tot sy volle potensiaal te ontwikkel. 


“As skoolhoof wil ek graag ‘n lansie breek vir HFM se personeel in hul totaliteit vir die volgehoue goeie werk. Hoërskool Frikkie Meyer gee hoop vir elke leerder, en met die genade van God, glo ons dat daar ‘n positiewe toekoms vir ons elkeen voorlê,” aldus HFM hoof  Colin Campbell.

HFM begin hul derde kwartaal met hoop.