Schools & sport

Northam Rhinos wen weer! 

11 June 2021 · Platinum Bushvelder

Northam Rhinos wen weer! 

Northam – Northam Rhinos het op Saterdag 5 Junie teen Pretoria te stane gekom op hul tuisveld. Ten spyte van talle span veranderings, klop hul eerste span die Gautenger’s met 50-5. Die tweede span tree ook uit as die wenners met ‘n telling van 88-5. 


Kom ons gee 5 klappe! 
Weens ‘n paar ligte beserings moes daar ‘n paar skuiwe gemaak word vir dié wedstryd en Damion Fuller begin op sewe flank met die vuurvreter Attie Louw wat ‘n ruskans kry. Dean van der Merwe is ook in die beginspan met Percy Williams wat op skrumskakel begin. 


Zulu Nkosi moet die dinge van agter af beheer op losskakel. Big Fish is ook terug in die 23-tal nadat hy van Covid-19 herstel het. Haker Odwa Tinese het sy plek in die beginspan van die tweedes behou met inklimspel verlede week. Slot Ruan Jansen van Rensburg is ook terug in die span.

Liyasakha Sigwabe sal van nege af die spel beheer en die buitesenter Danie Loots keer ook terug vir sy eerste ligastryd. Shaun de Wet is ook terug in die span nadat hy die vorige week gemis het. Dylan van Loggerenberg sal wil voortbou op sy skittervertoning van verlede week.

Die veteraan Mvuyisi Notisi speel op losskakel. Staatmakers soos Andrew Burger en Wouter Roets sal van die bank af impak maak.

Ons eie Sidney gaan Blou Bulle toe! 

Northam se kaptein Sidney Tobias gaan hom vir die Curriebeker by die Blou Bulle aansluit.
Jake White het bevestig dat Tobias vir ‘n tydperk van twee maande deel van die Bulle sal wees. Dit is ‘n veer in Northam se hoed in ‘n era waarin min klubspelers erkenning kry. Big Fish Simange sal Tobias se plek waarskynlik by Northam volstaan.


Moenie hulle volgende wedstryd teen die Grizzlies Rugby Club misloop nie... sover is die Northam Rhinos die enigste onoorwonne span in die Carlton Cup reeks en hulle hoop om aan te hou met die wenstreek.

Haker Odwa Tinese skitter op die rugbyveld.