Schools & sport

Rugby 2021

4 March 2021 · Platinum Bushvelder

Rugby 2021

Australian Domestic

Western Force vs Brumbies
Voor ‘n beperkte aantal van 10,000 toeskouers skop die eerste game in Australië af op HBF Park. Die Brumbies behaal ‘n bonuspunt oorwinning oor die Force en wen 27-11. Die Brumbies speel volgende teen die Waratahs en die Force het dan ‘n loslootjie.


Reds vs Waratahs
In die Suncorp Stadion wys die Reds reeds vroeg tande en gee die Tahs ‘n behoorlike pakslae met ‘n 41-7 wen. Die Reds se nuwe cappie, James O’Connor, het ‘n puik game gespeel in die nommer-10 trui en skop ook uitstekend pale toe vir ‘n persoonlike telling van 16 punte. Die Reds se volgende game is teen die Rebels en die Tahs gaan teen die Brumbies uitdraf.

2021 NZ Aotearoa

Ruggas in Kiwi land skop Vrydag 26 Februarie af. Die Highlanders gaan teen die Crusaders uitdraf. Saterdag 27 Februarie is dit die Hurricanes wat teen die Blues sal kragte meet.

Rugga Chunks...

Dan was daar groot nuus oor die uittrede van een van die beste rugby spelers van alle tye. Dan Carter het aangekondig dat hy nou finaal sy tokse gaan ophang.


Dié begaafde speler se indrukwekkende loopbaan rekord is fenomenaal. Hy speel in 112 toetse vir die All Blacks. Die All Blacks wen 88% van die toetse waarin Carter speel. Hy is die voorste puntemaker ooit in toets rugby met 1,598 punte op sy kerfstok. Hy wen twee wêreldbekers, vier Superrugby bekers, en twee Top 14 bekers. Hy was deel van die All Blacks wat die Britse Leeus klop. Hy word ook drie keer gekroon as die beste speler ter wêreld!


Verstommend! Carter was op die veld gevrees en van die veld af een van die sport se grootste, nederigste en beste atlete ooit.  
Nag ou Dan...