Schools & sport

HFM se flip-flop fondsinsameling

4 March 2021 · Platinum Bushvelder

HFM se flip-flop fondsinsameling

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) leerders het op Donderdag 12 Februarie lekker fondsinsameling gehou. Leerders het hulle flip-flops aangehad om geld in te samel vir die Childhood Cancer Foundation of South Africa tydens internasionale Flip-flop Day. 


Die plakkers vir dié voorreg is deur PNA geborg. Daar het ook 60 leerders van die Graad 11 groep by Thabazimbi SPAR bymekaargekom waar hulle van 08:00 tot 15:00 lekker Valentynsdag snoeperye en worsrolletjies verkoop het. The Pie Corner het al hul wins vir roomysverkope aan hul oorbetaal. Die jongspan het ook skouer aan die wiel gesit en het ruite en voertuie gewas. 


Die finansies wat ingesamel is, sal vir HFM se matriekafskeid wat hopelik later vanjaar sal geskied, aangewend word. Baie dankie aan Thabazimbi SPAR, PNA en The Pie Corner wat almal ‘n bydrae gemaak het tot die projekte.

Van links: Relebogile Khunou, Onthatile Sithole, Oreo Ramfate, Patricia Foster, Selina Mambepane, and Ofentse Sekudu.
HFM Graad 11 leerder Chris Janeke het ‘n voertuig behoorlik skoongewas.