Schools & sport

Fluit-fluit, my storie is uit Curriebeker Finaal – 20/21

5 February 2021 · Platinum Bushvelder

Fluit-fluit, my storie is uit
Curriebeker Finaal – 20/21

‘n Finaal van drama ou grote! ‘n Eerste finaal ooit in Januarie! ‘n Eerste finaal ooit sonder toeskouers! ‘n Eerste finaal ooit waar die game gestop moet word weens ‘n elektriese storm wat oppad is... en ‘n Eerste finaal ooit wat daar twintig minute bykomende speeltyd was om ‘n resultaat te kon kry. 


So is duisende kykers getrakteer vir ongeveer 115 minute van spanning. Die eerste helfte word dan in die 24ste minuut gestop deur Peyper vir 15 minute. Toe spel hervat is het die kookwater vleuel van die Haaie letterlik en figuurlik by Cornal Hendricks verby gevlieg vir ‘n puik drie. Toe die manne gaan lemoene eet en Red Bull drink was die Haaie 13-9 voor. Die Haaie het die tweede helfte goed begin en na twee strafskoppe deur Bosch het hulle met 19-9 voorgeloop.

Verkeerde opsies deur die Haaie het die Bulle die kans gegee om terug te kom in die game. Bosch wat die voorste puntemaker in die reeks was, het vyf strafskoppe gemis... Waar die Bulle se inpakspelers eintlik die beker gewen het, het die Haaie se outjies geswig onder druk. Arno Botha druk vir die Bulle en Chris Smit verdoel die drie en die telling is 19 elk.

Die einste Smit verbrou ‘n strafskop wat met dit die beker kon wen – toe moes ‘n ekstra 20 minute gespeel word. En toe is dit die Bulle wat deur generaal Duane Vermeulen koel en kalm gehou is en verdien het om te wen. Die wendrie is toe deur die impakspeler Arno Botha gedruk, sy tweede van die dag, die doelskop is oor .... en die eindfluitjie blaas. Die Bulle was verheug oor die wen want hulle kon laas in 2009 die beker vashou. Jake White het ‘n droom Curriebeker debuut gehad. Die Bulle se jonges wen ook die onder 19 en onder 21 bekers! 


Fluit-fluit my storie is uit ou grote!