2020/21 CURRIEBEKER SEMI-FINALE

Loftus – Pretoria
14:00, 23 Jan
Bulle vs Leeus
Die Bulle gaan as die gunstelinge opdraf in die eerste semi-finaal wat op Loftus afskop ou grote. Bra Jake is egter nie te bekommerd oor die game nie en hoop hy sal teen die Haaie in die finaal speel. Blykbaar is die Haaie maklik.
Die Leeus se kopdokter van Brakpan het blykbaar alles onder beheer in die Leeukamp. In die verlede is daar al baie gesien dat een verkeerde spring van ‘n rugga bol trane van blydskap en pyn kan meebring. Dit gaan dalk die beste game van die twee semi’s wees as dié weer gaan saamspeel. Ons redaksie se voorspelling is dat die Leeus gaan verras.
Nuweland – Kaapstad
16:30, 23 Jan
WP vs Haaie
In die Kaap waar die tweede semi-finaal sal plaasvind word daar sonder ophou gebid dat Steven Kitshoff fiks sal wees om wel te kan uitdraf. Nou my liewe ou grote, daar is mos dan ietwat paniek daarrond. Wyn is ook nou nie soos gewoonlik in dromme beskikbaar daar om te help met die bekommernisse nie. Daar word weer honderde tande stukkend gekners die naweek.
Die Haaie het blykbaar ‘n plan B en kom ons hoop hulle vergeet nie weer van plan A nie. Maar grappies op ‘n einde. Die Haaie kan hier verras ou grote om in die finaal teen die Leeus te loop speel.
Nag ou grote...
