Schools & sport

Curriebeker 20/21

20 January 2021 · Platinum Bushvelder

Curriebeker 20/21

Griekwas vs Cheetahs
In Kimberley het die goue skopstewel van François Steyn die Cheetahs weer tot ‘n oorwinning gesool, ou grote. Fransie teken 17 punte aan en is weer as speler van die wedstryd aangewys. Beide spanne se Curriebeker seisoen is nou agter die rug. Die Blikore se toekoms om enige ruggas in die nabye toekoms te kan speel is maar nog duister... 

Pumas vs Bulle
In die Mbombela stadion boemerang bra Jake se belaglike plan om ‘n junior span te kies om teen die hardebaard Pumas uit te draf. Die arme Bulletjies word met 44-14 oorweldig. Vir die Pumas het die losskakel Devon Williams die drie van die seisoen gedruk. En die naam Willie Engelbrecht yster agsteman van die Pumas moet ook genoem word. Al het die uitslag nou nie ‘n effek op die Bulle se posisie op die log gehad nie, is dit egter nog steeds ‘n dwarsklap in die gesig van duisende Bul ondersteuners en Colgate smiles op Puma aanhangers se bakkies. 

Bulle vs Lions
Die Bulle se A-Span het verlede Woensdag die Lions in die uitgestelde COVID-19 game met 22-15 geklop. Die Bulle het dan eerste geëindig op die log om vir ‘n tuis semi-finaal op Loftus teen die Leeus te speel. 
Die game is geskeduleer vir 23 Januarie om 14:00. Met al die COVID-19 regulasies sal mens maar eers moet sien of dit sal plaasvind. Gelukkig vir die ondersteuners is dit nou nie juis asof hulle vreeslike reis beplanning sal doen nie, die verste is seker na die buurman se lapa.
Die ander semi-finaal sal tussen die WP en die Haaie beslis word en behoort ook op die 23ste plaas te vind.
Nag ou grote...