Super Rugby Unlocked

Griekwas vs Haaie
In Kimberley verdien die tuisspan nie die verloor nie ou grote, maar ons geleerde vrinne om die braai verduidelik vinnig hoe ‘n telbord werk! Die Haaie wen die game 34-33 in die doodsnikke danksy ‘n strafdoel deur Curwin Bosch.
Vir beide spanne is die Unlocked reeks nou verby. Die Haaie se game teen die Stormers is afgestel weens COVID-19 protokol.
Stormers vs Cheetahs
In hulle laaste verskyning op die geliefde Nuweland klop die Kapenaars die Blikore gemaklik 30-13. Die agterlyn van die Stormers was giftig met Warrick Gelant wat ‘n paar passies uitgevoer het wat ‘n juweel drie insluit. Beide spanne se Unlocked deelname is nou verby.
Bulle & Pumas
Die Bulle speel moontlik Saterdag teen die Pumas indien die Pumas spelers die COVID-19 groen lig kry Vrydag. Hierdie game sal dan net van akademiese belang wees. Die Bulle is nou op die huidige punte stand dan die 2020 kampioen span.
Tri-Nations
Nieu-Seeland vs Argentinië
Geskiedenis en skokgolwe was die geval in Australië die afgelope naweek met die Pumas wat vir die eerste keer ooit die All Blacks klop 25-15.
Vir coach Mario Ledesma was dit ‘n dag wat hy nooit sal vergeet nie. Vir die eerste keer in 35 jaar kry hy dit reg om amper die onmoontlike te vermag deur die magtige All Blacks te klop. Trane van blydskap het oor die yster se wange gerol na die oorwinning. Wat hierdie oorwinning nog meer merkwaardig maak, is die feit dat die Pumas 14 maande laas toets-rugby gespeel het... Nogal ‘n klap in die gesig vir sekere lande!
Pablo Matera, vuurvreter cappie, het van voor af gelei en het saam met sy passievolle comrades die Kiwi's raakgery met dodelike verdediging, soos in dodelik brother. Dan het die Puma losskakel, Nicolás Sánchez, besluit dat dit tyd is vir geskiedenis en teken al die Pumas se punte aan! Sánchez slaag met ses strafdoele, doelskop en druk ‘n droom drie onder die pale vir sy beskeie bydrae van 25 punte.
Ian Foster en kie se koppe word nou geëis in Nieu-Seeland en mens kan net dink hoe hy die druk gaan hanteer en verwerk. Die omgekrapte Pumas speel eerskomende Saterdag teen die Aussies.
Good night mate...
Europa nuus
In Europa is daar gelukkig drie SA-spelers om op trots te wees. Duhan van der Merwe het ‘n droom debuut vir Skotland teen Italië gehad en druk ‘n puik drie.
Marcell Coetzee druk vier drieë in Ulster se oorwinning van 57-14 teen Zebre en maak ook geskiedenis as die eerste voorspeler ooit om vier drieë in ‘n top 14 game te druk.
CJ Stander word aangewys as Speler van die Jaar vir Munster en is ook op die kortlys vir die Ses Nasie titel.
Oulik of wat ou groenes...
