Headlines

HFM se nuwe hoofleiers

13 November 2020 · Platinum Bushvelder

HFM se nuwe hoofleiers

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) sê totsiens aan die hoofleiers van 2019-2020. Hulle gee nou die leisels oor aan die nuwe verkose hoofleiers vir 2020-2021:

  • Hoofseun: Juan-Rich ‘Choppa’ du Preez
  • Hoofdogter: Mariska Coetzee
  • Onderhoofseun Kultuur: Fanie Swanepoel
  • Onderhoofdogter: Karla Coetzee
  • Onderhoofseun Sport: RF Schoeman
  • Onderhoofdogter Sport: Quinelle Blaauw

“Dit is vir my ‘n baie spesiale voorreg, asook ‘n eer, om as hoofdogter van HFM vir 2021 te dien. Ek het ‘n dankbare hart dat Liewe Jesus vir my hierdie voorreg gun en ek is opgewonde oor die avontuur wat voorlê. Mag elke Frikkie-leerder die ongelooflike trots wat ek vir ons rooi, blou en wit skool het, kweek, en mag ons hand aan hand die 2021-paadjie stap,” aldus HFM hoofdogter Mariska Coetzee.

HFM hoofseun Juan-Rich du Preez voeg by: “My doelwit is dat ons as skool saamtrek... Nie net ‘n paar kinders en onderwysers nie, maar almal! Saam is ons baie sterker en ons moet ‘n eenheid vorm. Ons moet hande vat en op ons Hemelse Vader vertrou.”

Die bal is in julle hande – ons nuwe hoofleiers vir 2021.