Headlines

Limpopo se vullisterreine in haglike toestand

10 July 2020 · Platinum Bushvelder

Limpopo se vullisterreine in haglike toestand

Die oudit bestaan uit ‘n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining, rehabilitasie en dies meer in. ‘n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, Magdel Strauss, is die meeste vullisterreine in Limpopo in ‘n haglike toestand. “Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan munisipaliteite wat nie die terreine en die toerusting herstel en instandhou nie.”
Strauss sê voorts die algemeenste probleme wat AfriForum tydens die oudit ondervind het, is die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en die algehele wanbestuur van die terreine. “Die meeste terreine beskik ook nie oor die nodige personeel of voldoende toegangsbeheer nie.”

 AfriForum-takke sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter. Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter. AfriForum gaan ook ná afloop van die projek ‘n vergadering met die Minister van Omgewingsake Barbara Creecy, belê om terreine te identifiseer sodat dit herstel en weer op peil gebring kan word.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen munisipaliteite wat nie aan die vereistes voldoen nie. AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat die vullisterreine se standaard genoegsaam verbeter.

AfriForum persverklaring, 22 Junie 2020

 

Naam van tak/ vullisterrein Munisipaliteit/ verantwoordelike instelling Lisensienommer Nakomingstelling (%)
Limpopo     2015 2016 2017 2018 2019 2020
Ellisras Lephalale PM - - - 58 32 16 22
Groblersdal Elias Motsoaledi PM 12/4//10-B/10M2 20 72 90 92 98 -
Hoedspruit Maruleng PM - - - 18 16 20 -
Marble Hall Ephraim Mogale PM 16/2/7/B300/D58/ZI/P261 72 88 84 84 84 78
Naboomspruit Mookgophong PM 16/2/7/A600/D7/Z2/P399 28 36 19 32 34 30

Naboomspruit
(Western Breeze-oorlaaistasie)

Mookgophong PM - - - - 20 20 -

Naboomspruit
(Die Oog-oorlaaistasie)

Mookgophong PM -- - - - 32 - -
Nylstroom Modimolle PM 16/2/7/A600/D2/Z1/P380 48 16 - 12 0 4
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM 16/2/7/B700/016/21/P276 84 80 32 64 36 54
Leeupoort Thabazimbi PM 16/2/7/A240/D21/21/P354 52 - - 2 4 Toe
Louis Trichardt Makhado PM 12/9/11/L413/5 - 32 70 80 84 Toe
Rooiberg Thabazimbi PM - - - - - - 0
Thabazimbi Thabazimbi PM - - - - - - 0
Tzaneen Greater Tzaneen PM 16/2/7/B800/D2/Z23/1/P501 - 100 100 100 100 98
Warmbad Bela-Bela PM B33/2/123/3 - 56 40 37 40 38