/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Nuwe Leiers, Nuwe Drome
Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer het onlangs hul nuutverkose Senior Leerlingraad vir die 2025/2026-termyn aangekondig. Hierdie groep belowende jong leiers staan gereed om met trots, dissipline en deernis hul skool en medeleerlinge te dien.
Die Bybelvers wat die span begelei, kom uit Jesaja 41:10: “Moenie bevrees wees nie, want Ek is met jou; moenie angstig rondkyk nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek ondersteun jou met my reddende regterhand.”
Die nuwe Senior Raad bestaan uit: Dogters: Lize Venter, Mariané Viljoen, Zelri van Dyk, Daniella Caldeira, Andri van Emmenes, Simoné Kriek, Carmi Engelbrecht, Dané Fourie, Chanté Wolmarans, Lara Denton, Kele Mosesane, Deané Prinsloo, en Ané Coetzee.
Seuns: Duan Blignaut, Mardus Ras, Willburt Myburgh, Herman Prinsloo, Anrich Fourie, Reghardt de Klerk, Jacobus Venter, Niel Gildenhuys, Maré Pieterse, Lefa Motlhabane, Ruan van Deventer, HJ Koekemoer, en Ronaldo Teixeira Ferreira.
Foto: Die trots van Hoërskool Frikkie Meyer – die nuutverkose Senior Raad 2025/2026, gereed om as rolmodelle en leiers op te tree.
© 2025 - All Rights with Platinum Bushvelder