Articles
Sport & School News
06 December 2021

Covid-19 veroorsaak chaos in die hervatting van die United Rugby Championships (URC) reeks ou grote. Al die games wat die afgelope naweek hier in SA moes plaasvind, is toe op kort kennisgewing afgestel weens die reisverbod wat ingestel is deur Brittanje.         


Die vier SA spanne gaan nou eerskomende naweek hulle games teen mekaar speel wat hulle in Februarie 2022 sou speel.

Die bepalings is as volg:
Vrydag 3 Desember

19:00 - Sharks vs Bulls
21:35 - Edinburgh vs Benetton
21:45 - Leinster vs Connacht
Saterdag 4 Desember
17:00 - Ospreys vs Connacht
17:00 - Stormers vs Lions
21:35 - Glasgow Warriors vs Dragons
Uitslae:
Connacht 46 - 18 Ospreys
Benetton 19 - 18 Glasgow Warriors
Dragons 14 - 30 Edinburgh
Leinster 10 - Ulster

Toyota 
Challenge

Uitslae: 

  • Cheetahs 54 - 5 Baie Mare
  • Diables de Barcelona 
    6 - 59 Kenia

Nag ou grote... nou gaan ons braai!

World Rugby Sevens Series

Dubai Sevens
Die Blitsbokke skop die nuwe seisoen af met ‘n super vertoning in Dubai die afgelope naweek. Dit is nou die agste keer dat die Blitse hierdie toernooi wen! Die Blitse klop die VSA in die finaal met ‘n rekordtelling van 42-7.


Maar die dag het aan die nuweling Ronald Brown behoort. Hy skitter en teken 25 van die Bokke se punte aan wat ook ‘n drie puik drieë insluit. Wat hierdie jong man se prestasie so merkwaardig maak, is dat hy sy stryd met kanker oorwin het, en herstel het op so ‘n mate dat hy weer rugby vir die Blitsbokke te kan speel. Ronald is in 2019 met Hodgkin’s Lymphoma gediagnoseer en verloor elf kilogram in agt maande. 


Die naam JC Pretorius moet ook genoem word. JC speel kookwater ruggas en word tans gereken as een van die beste sewes-spelers op planeet Aarde! 

Die Blitse was onoorwonne in die eerste toernooi in die reeks. Die uitslae: 

  • Ierland 28 - 7
  • Japan 52 - 12
  • Ierland 28 - 7
  • Australië 29 - 5 (kwart-finaal) 
  • Argentinië 17 - 7 (semi-finaal)
  • VSA 42 - 7 (finaal)

Die Blitse sal weer eerskomende naweek in Dubai in aksie wees vir die tweede rondte. 

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...