Articles
Social & Community News
29 November 2021

Thabazimbi – Dis amper Kersfees! En jy kan help om ‘n bejaarde of ‘n kind se hart bly te maak dié feesseisoen.

Matlabas Custodians het ‘n projek geloods om die jongspan en bejaardes te bederf met ‘n geskenk en ‘n partytjie of Kersete.

Jy kan die projek ondersteun deur ‘n kaartjie te koop vir R400.

Die kaartjiegelde sal aangewend word vir ‘n geskenk volgens hulle wenslysie asook die onkostes vir die Kerspartytjie en Kersete. Vir meer inligting kontak Jackie op 078 627 7816.

#FosteringASenseOfCommunity

 

Share this article with a friend...