Articles
Churches & NGO News
25 November 2021

Swartklip – De Wet, wat meestal Christelike en geestelike liedere sing, het al die pad van Mosselbaai afgereis om die gemeente by AGS Swartklip te bedien met woord en sang op Sondag 7 November.


Sy opgewekte, energievolle en passievolle persoonlikheid het beïndruk en was luidkeels ook deel van sy sang en woord! 


Die jeug het sy bekende ‘Ek is nie ‘n stapsoldaatjie nie’ lied moedig saamgesing. 

“Covid-19 was ‘n harde slag vir die vermaaklikheidsbedryf – maar God voorsien. Vrees,” vertel De Wet, “is ‘n leuenaar”.

Hy het benadruk dat ons moet onthou dat ons van God afhanklik is, en nie die mens nie. “Jou verhouding met die Here is van uiterste belang. Daar is altyd uitkoms!” aldus De Wet. 


Saam met Jan het die gemeente ook pastoor Donnie van Tonder se 50ste verjaarsdag gevier. 

Jan de Wet – die bekende gospel sanger.

 

Share this article with a friend...