Articles
Social & Community News
25 November 2021

Northam/ Thabazimbi – Die Solidariteit Northam/Thaba Tak is offisieel gestig op Woensdag 10 November.

Helpende Hand neem die roepingsmantel op en gaan met ‘n ysere wil vorentoe met die fokus om welstand te verseker.  


Limpopo streeksorganiseerder Marianthie Botha het die nuwe bestuur toegespreek oor hoe belangrik elkeen se taak is.

“Elkeen van julle speel ‘n baie belangrike rol, nie een persoon is dieselfde nie, maar julle vul mekaar aan om die gemeenskappe by te staan en te help, nie net met kos nie, maar op verskeie vlakke, sodat die gemeenskap op ‘n meer holistiese manier ontwikkel kan word en mense weer gelei kan word na selfstandigheid en onafhanklikheid.”


Marianthie het ‘n stigting geskenk van R7,500 se kos gebring om tussen gemeentes in Northam en Thabazimbi te verdeel, en gegee kan word aan die begunstigde gesinne wat deur hierdie instansies ondersteun word. Die streek het verder ook fondse beskikbaar gestel vir ‘n offisiële bekendstelling van die nuwe tak.

“Elkeen van hierdie bestuurspan het ‘n ruim hart vir die gemeenskap, opregte omgee, en wil werklik deel daaraan hê om ‘n verskil te maak in ons gemeenskappe.

As ‘n span is ons baie sterk, en ondersteun nie net die gemeenskap nie, maar ook mekaar. Ek is so dankbaar in die Here om deel van so ‘n dinamiese span te kan wees,”  aldus René Jansen.


Die nuwe bestuurspan het nie op hulle laat wag nie en het dadelik ingespring om die bekendstelling te organiseer. Die bekendstelling sal op 4 Desember plaasvind te Dorsmasjien, Northam, en gaan groot pret wees! Kom maak ‘n draai en leer meer oor Solidariteit Helpende Hand en wat die organisasie doen.


Die fondse wat ingesamel word tydens die bekendstelling sal verdeel word tussen Solidariteit Helpende Hand Northam/Thaba Tak sowel as Thaba Fire and Rescue wat ook ‘n groot diens lewer om ons gemeenskap veilig te hou. Daar gaan lekker musiek wees, boeresport en verskeie stalletjies. Bespreek ‘n stalletjie teen R100. 

Vir meer inligting kontak skakelbeampte Yolandi Munnik by 065 909 9696 of vise-voorsiter Jenny op  0771 352 9495 of sekretaresse Charline Gouveia op 072 748 6198.

Die Solidariteit Helpende Hand Northam/ Thaba Tak is reg om ‘n verskil te maak! 

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...