Articles
Social & Community News
25 November 2021

Thabazimbi – SAVF Thabazimbi bied op Saterdag 27 November ‘n hengelkompetisie by die Setaria Concentrator Dam aan. Pryse sal gegee word aan die grootste karp, grootste barber, grootste kurper – en die swaarste sak.


Die pentrekking sal om 06:00 plaasvind, die kompetisie van 07:00 tot 15:00, en kostes beloop R200 per hengelaar en R30 per toeskouer.


Kaartjies is beskikbaar by die SAVF kantoor by 5 Park Avenue, Thabazimbi. Vir meer inligting kontak 014 777 1093 of thabazimbi.admin@savf.co.za.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...