Articles
Sport & School News
25 November 2021

Die Toyota Challenge het ook afgeskop die afgelope naweek. Dit is ‘n goeie geleentheid vir spelers – en gróót geld is hier te sprake.

Vir elke wen ontvang die wenspan R250,000. Dan is daar ook prysgeld vir spelers wat uitblink. Die Cheetahs het reeds die afgelope naweek teen die Stormers gespeel en verloor die game 31-30.

Nag ou grote...

Skotland vs Suid-Afrika
Die Bokke skrum die Skotte pap op Murrayfield en wen gemaklik 30-15. Met rustyd was die Skotte voor met 10-8. Eben Etzebeth speel tans skitterende rugby en is ook welverdiend as die speler van die toets aangewys.


François Steyn het met sy verskyning op die veld ‘n merkwaardige rekord verbeter vir sy vyftien jaar in ‘n Boktrui!   


Die Bokke se laaste toets in 2021 is Saterdag op Twickenham teen Engeland. Dit gaan ‘n riller wees ou grote. Die Engelse se coach, Eddie Jones was baie spraaksaam na die Engelse se wen teen die Aussies en het gesê hy soek ‘n Bokvel in sy kroeg! 


Die Engelse cappie Owen Farrell gaan weens ‘n besering nie beskikbaar wees vir die toets teen die Bokke nie. Vir die Bokke is Cobus Reinach en Handrè Pollard as skakelpaar in die beginspan.  


Ander uitslae:

  • Italië 16 -37 Argentinië 
  • Ierland 29 - 20 Nieu-Seeland
  • Engeland 32 - 15 Australië
  • Portugal 25 - 38 Japan
  • Frankryk 41 - 15 Georgia
  • Wallis 38 - 23 Fidji

Bepalings:
Saterdag 20 November

  • 15:00 - Skotland vs Japan
  • 15:00 - Italië vs Uraguay
  • 16:30 - Georgia vs Fidji
  • 17:15 - Engeland vs Suid-Afrika
  • 17:15 - Romania vs Tonga
  • 19:30 - Wallis vs Australië
  • 22:00 - Frankryk vs Nieu-Seeland

#FosteringASenseOfCommunity 

Share this article with a friend...