/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
12 October 2021

Northam – Northam Toyota het die sleutels van ‘n splinternuwe Toyota Starlet 1.4 Xi aan Elsabe van Heerden op Donderdag 30 September oorhandig.


Northam Toyota het hande gevat met Hoërskool Frikkie Meyer en kaartjies is verkoop ter fondsinsameling vir die skool. Elsabe kom al die pad van Jacobsdal in die Vrystaat af en was die gelukkige wenner na haar lootjie in die trekking getrek is.


“Hoërskool Frikkie Meyer het ons genader om ‘n voertuig as trekpleister in hul lootjie kompetisie te gebruik. Ons het almal hard gewerk met die kaartjieverkope en dit was ‘n reuse sukses. Northam Toyota is sowaar trots om deel te wees van hierdie geleentheid,” het Northam Toyota bemarkingsbestuurder Lynette Anley gesê.


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het HFM Graad 8 graadhoof Christina Els verduidelik dat hul in November 2020 kaartjies aanlyn verkoop het. 

“Ons het altesaam R301,600 ingesamel waarvan R100,000 vir die skool gegaan het.” 


“Ek het aanlyn gesien Frikkie Meyer verkoop kaartjies en het oorspronklik gedink dit is in Kempton Park, waar ons voorheen gebly het.

Ek het toe maar ‘n kaartjie gekoop om hulle te ondersteun. Groot was my verbasing toe ek uitvind ek het ‘n skool gehelp in Limpopo, maar nog groter was die verrassing toe ek hoor ek het gewen!” aldus Elsabe.

Van links: HFM Graad 8 graadhoof Christna Els, Elsabe van Heerden, Northam Toyota bemarkingsbestuurder Lynette Anley en HFM waarnemende adjunk hoof Tiaan Schmit.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0