/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
12 October 2021

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) leerders en onderwysers het hul hare gesny en geskenk vir kankerpasiënte op Vrydag 17 September.


HFM onderwyser Anmari Moller het ‘n ruk gelede haar hare by ‘n salon laat kap en het die poniestert vir die Cancer Associaton of South Africa (CANSA) gestuur vir die maak van pruike. Die inisiatief het groot opwinding veroorsaak onder die leerders! 


Menige HFM meisie het in me Moller se spore gevolg en het die hare laat waai vir HFM se Waardeweek. Gwennie Heyneke het, met die toestemming van hul ouers, meisies se poniesterte gekap. 


Die minimum is 10cm maar CANSA verkies 35cm lang ponies. Die skool hoop om dié ‘n jaarlikse instelling te maak en wil dogters die kans gee om nou al te begin hare groei vir die volgende een.

HFM leerders het hul poniesterte afgesny vir CANSA.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0