/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
10 July 2020

NZ Super Rugby

Crusaders vs Highlanders

Skitter ruggas word opgedis deur beide spanne ou grote. Die Saders wen 40-20 en die eindtelling klink dalk massief maar die Highlanders het ook met tye die pap dik aangemaak en was nog met rustyd 17-14 voor.

Die All Black skrummie Aaron Smith was kookwater en ‘n doring in die vlees van die tuisspan. Dan het die puik spel van die jong Highlanders flank, Shannon Frizell, die oog gevang. Aan die Saders se kant het die All Black losskakel Richie Mo’unga meesterlik vertoon. Will Jordan was ook weer uitstekend en die mannetjie gaan nog baie drieë druk maat, hy is 'n x-faktor.

Die Crusaders speel volgende teen die Blues en dit is ‘n game waarna duisende NZ ondersteuners uitsien – met goeie rede. Die twee spanne is tans in great shape en as die weer gaan saamspeel kan sjampanje ruggas verwag word.

Die Highlanders reis Wellington toe om teen die Hurricanes uit te draf.

Australian Domestic

Brumbies vs Rebels

Daar word nou weer ruggas in Aussie-land gespeel. Slegs 1,500 toeskouers word vir eers toegelaat en hopelik was al die kaartjies uitverkoop. In Canberra klop die Brumbies die Rebels 31-23.

Dit was duidelik dat die Brumbies hard gewerk het in die af-seisoen en behoort die Domestic titel in te palm. Die Rebels speel volgende teen die Reds en die Brumbies het ‘n af naweek.

Reds vs Waratahs

In Queensland breek die Reds ‘n lang wen droogte teen die Tahs en wen hierdie harde game 32-26. Vir die Reds het een van die stout seuns van Aussie ruggas, James O'Connor, twee belangrike strafskoppe waargeneem wat ook dan die wenpunte was. Hy het die skopwerk by Bryce Hegarty oorgeneem wat ‘n nagmerrie met die skoen gehad het.

Die Waratahs speel volgende teen die Western Force op 11 Julie om 11:15. Die Reds gaan tuis teen die Rebels uitdraf.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0