Articles
Headline News
08 March 2019

Thabazimbi – Studente van die University of South Dakota in die Verenigde State van Amerika het op 4 Maart ‘n draai in Thabazimbi kom maak om meer te leer oor hoe die boere in Suid-Afrika te werk gaan.


Die fokuspunt van die ekskursie was die Afrikanerbees boerdery beter te verstaan. 
Die rede waarom dié beesras so uniek is, is omdat dit eg aan Afrika is. Hierdie beesras vat geen nonsens nie en is perfek geteel vir die Suid-Afrikaanse klimaat. 


Hierdie bees is baie gehard teen bosluiskoors, ekonomies voordelig om aan te hou en hulle temperament maak hulle maklik om te hanteer.


Die vleis van die Afrikanerbees is ook van die beste gehalte en word by top restaurante bedien. Die vleis is ook nou beskikbaar by uitgesoekte winkels onder die naam Afribeef.


Boere regoor die wêreld het gelet dat ander beesrasse sukkel om aan te pas by die huidige klimaatsveranderinge. Die hoop is dat die Afrikanerbees die vlagskip vir veeboere sal word, omdat hulle aanpas in warmer klimate. 

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Jackie Varniak, ‘n student van University of South Dakota gesê: “Dit is ‘n voorreg om Suid-Afrika te besoek.

Dit is interessant om te sien hoe mense in ander lande boer – veral in Thabazimbi waar daar so groot verskeidenheid diere is.

Dit is ‘n pragtige dorp en dit was ‘n belewenis om te ry en die bobbejane langs die pad te sien. Ek het nog nooit ‘n bobbejaan gesien nie!” 


Dokter Pieter de Kock, president van die Afrikaner beestelersgenootskap van Suid-Afrika het gesê: “Ons is baie opgewonde om boere van die buiteland hier by ons te hê.

Ons hoop om hulle te kan help aangesien hulle tans sukkel met hulle veeboerderye en aardsverwarming. Op die oueinde gaan dit oor die kwaliteit van die vleis wat jy produseer en die Afrikanerbees vleis is die beste.”

Jackie Varniak ‘n student van University of South Dakota wat kom kyk het hoe hulle boer in Thabazimbi.
Die groep studente van die VSA saam die plaaslike boere.
Dokter Pieter de Kock, president van die Afrikaner beestelersgenootskap van Suid-Afrika.

 

Share this article with a friend...