Articles
Social & Community News
08 March 2019

Thabazimbi – Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Thabazimbi-tak het ‘n hele paar projekte wat hulle beplan vir die jaar.


Rolstoel projek
Een van die projekte wat reeds aan die gang is, is projek rolstoel. Nadat hulle die National Lotteries Commission genader het vir die fondse, het Medhof Apteek die SAVF tegemoet gekom en vir hulle die rolstoel teen kosprys verskaf. Die rolstoel word uitgeleen aan behoeftige families.


Thaba Nkwe Bosveldfees
Die fees vind plaas 6 April by Thaba Nkwe en daar sal verskeie gaskunstenaars optree. Die fees word deur SAVF Thabazimbi, IB Entertainment en Thaba Nkwe gereël. ‘n Deel van die inkomste sal aand SAVF geskenk word. 


Gholfdag
SAVF Thabazimbi-tak beplan om ‘n gholfdag te reël op 3 Augustus om fondse in te samel. Hulle vra die gemeenskap om te help deur ‘n putjie of pryse te borg. Die aand na die gholf sal daar ‘n kunstenaar optree en iets te ete wees. Die spelers se kos en die vertoning is by hulle inskrywing ingesluit. 


Tekkie Tax
Internasionale Tekkie Tax Dag vind plaas op Vrydag, 31 Mei. Daar is ongeveer 300 insluitende plaaslike welsynsorganisasies wat in 2019 by die projek sal baatvind. Tekkie Tax het reeds huishoudelike status bereik en is een van die belangrikste datums op die Suid-Afrikaanse kalender.


Kry ‘n plakker van jou keuse en ondersteun die saak wat na aan jou hart lê vir R10. Jy kan ook ‘n paar Mezzz-merizing Tekkie Tax silikon skoenveters teen R40 ‘n pakkie koop en nooit weer nodig hê om jou tekkies los of vas te maak nie. Hierdie jaar is daar ook badges te koop teen R15 en fop tatoeëermerk teen R10.


Vir die wat daarvan hou om almal te ondersteun, is daar vanjaar ‘n boekie waar jy al die vyf sektors se plakkers bymekaar kan maak en ‘n gratis fop tatoeëermerk kan kry.


Happy van Tekkie Tax gaan Thabazimbi besoek van 23 April tot 6 Mei 2019. 
Hy sal te siene wees by verskeie kleuterskole, Thaba Mall en die jaarlikse Voetspoor fees op 1 Mei. 

Agter van links: voorsitter Annali Connear, en maatskaplike werker Talitha van Wyk. Voor: Driansu van der Nest.

 

Share this article with a friend...