/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
22 February 2019

Thabazimbi – Die land was tot stilstand geruk toe ‘n loopbrug by Hoërskool Driehoek ineengestort het op 1 Februarie en die lewens van vier leerders geëis het.


Die tragedie het baie swaar op die hart van Daneel Jacobs, ‘n leerder van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) gelê en sy het dadelik skouer aan die wiel gesit om ‘n bydrae te lewer. Die graad 12 omgee waardeweek was die ideale geleentheid om die projek te loots.

Sy het haar eie inisiatief geneem en begin deur die pers-en-geel strikkies by die skool te verkoop. Die boodskap het soos 'n veldbrand versprei. Selfs die gemeenskap en plaaslike besighede het begin strikkies koop – en donasies gemaak. In een week het Daneel sowat R9 000 ingesamel, danksy die ondersteuning van die Thabazimbi gemeenskap. Die geld sal aan Hoërskool Driehoek geskenk word.

Van links: HFM skoolhoof Collin Campbell, Maartin Benadie, Daneel Jacobs, graad 12E registeronderwyser Rianda van Rensburg en graad 12 graadhoof Marlien Pieterse.
Van links: Graad 12 klaskapteine Maartin Benadie en Daneel Jacobs met die tjek vir Hoërskool Driehoek.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0