Articles
Social & Community News
08 February 2019

Thabazimbi – Vanjaar is afgeskop met ‘n paar lieflike reënbuie. Vir Januarie maand het Thabazimbi 214mm reën gekry – wat fantasties is in vergelyking met die 45mm van Januarie 2018.


Omliggende gebiede was egter nie so gelukkig nie en die boere is op hul knieë om te bid vir reën. Die reënmeters het op 1 Februarie só gelyk:


Thabazimbi - 46mm
Oom Jan plaas - 43mm
Kameelhoek (Northam) - 45mm
Rooiberg - 38mm
Rooiberg plase - 17mm
Hartebeesdoorns (Makoppa) - 45mm
Kameelpoort (Swartklip) - 15-46mm
Hoopdal - 15mm
Leeupoort - 10mm


Die stand van damme soos op 21 Januarie:
Bon Accord: 105.4% 
Roodeplaat: 100%
Harties: 98.5% 
Klipvoor: 87.9%
Roodekopjes: 60.5%
Vaalkop: 40%


Die stand van damme soos op 28 Januarie:
Bon Accord: 113% - styg met 7.6%
Roodeplaat: 97.8% - sak met 2.2%
Harties: 100.7% - styg met 2.2%
Klipvoor: 86.6% - sak met 1.3%
Roodekoppies: 60.1 - sak met 0.4%
Vaalkop: 39.5 - sak met 0.5%

Dokter Pieter de Kock, ‘n boer van die Krokodilrivier area sê: “Ons het ‘n wonderlike Kersgeskenk van God gekry toe die sluise van die hemel net na Kersfees oopgegaan het.

Ons het ‘n baie droë jaar gehad vir 2018 en die reën was broodnodig. Ons weiding en diere lyk goed.”


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Renier Els, ‘n boer van Rooikraal gesê: “Die Thabazimbi area was baie gelukkig met hulle reënval - maar jy kan dit nie eers vergelyk met Rooikraal nie. Ons 

God seën die aarde met reën.

 

Share this article with a friend...