Articles
Crime & Accidents News
08 February 2019

Thabazimbi – Na die plaag van onlangse inbrake in Thabazimbi het Platinum Bushvelder op 5 Februarie ‘n onderhoud gehad met die eienaar van Dinare Security and Protection Services, Kobus Malan.


Kobus en sy span is deel van die gemeenskap en was betrokke by die arrestasies van vele kriminele in die Thabazimbi omgewing.


Na die inbraak by ‘n welbekende besigheid op Saterdag 19 Januarie het Dinare die saak ondersoek. Twee verdagtes het toegang tot die perseel verkry deur ‘n gat te grou onderdeur die heining, waarna hulle op die dak geklim het en vandaar toegang tot die gebou verkry het.


Nadat Dinare en die ondersoekspan na die kamera beeldmateriaal gekyk het, het hulle een van die verdagtes herken en hom die volgende dag by sy huis arresteer. 


Kobus het ook die volgende veiligheidswenke vir die gemeenskap:
Maak seker dat jy voldoende beligting rondom jou huis of besigheid het, sodat daar nie donker hoekies is waar die kriminele kan wegkruip nie.


Hy beveel ook aan om deur jou tuin te stap en te kyk waar daar moontlike plekke is vir die skelms om te skuil sodat die kwesbaarste plekke beveilig kan word.
Honde is ‘n fantastiese afwering teen die skelms. 


Alarmstelsels is ook van uiterse belang sodat jy betyds gewaarsku kan word.
Leer jou bure ken sodat jy hul kan verwittig sou daar ‘n noodgeval opduik. Dit is belangrik dat ons mekaar moet beskerm en waarsku in noodgevalle.


Sluit ook aan by buurtwagte sodat jy weet daar is altyd iemand wat jy op kan staatmaak indien nodig.

 

Share this article with a friend...