Articles
Social & Community News
08 February 2019

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Dinsdag 5 Februarie, hul maandelikse vergadering gehad by Pondok in Thabazimbi. 


Die gasvroue vir die dag was Janine de Wet en Monica Schlebush en die tema vir die dag was bak en brou.  Hul het die groep vrouens stap vir stap gewys hoe om verskillende vulsels en versierings te gebruik vir kolwyntjies. Almal het heerlik gesmul aan die kolwyntjies.  


Hierdie tak het sommer met hul tweede vergadering nóg twee nuwe lede verwelkom. Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, kontak gerus die skakelbeampte Thereasa Tolmay op 072 544 5168.

Agter van links: sameroepster Sus Rohrbeck, Nellie Vosloo, voorsitter Gerda Smit, tesourier Magda Meyer, Monica Schlebusch, Rhona Jacobs en Erika Heymans. Voor van links: sekretaresse Josine Hoffman, Janine de Wet, Joey Koekemoer, Shirley Broodryk en skakelbeampte Thereasa Tolmay.
Monica Schlebush en Janine de Wet.
Van links: Erika Heymans en Shirley Broodryk.

 

Share this article with a friend...