Articles
Sport & School News
08 February 2019

Op die Kaapstad stadion was die eerste Super Heroes Ruggas ‘n reuse sukses ou grote. Oud en jonk het hier ‘n uiters jolige en pretbelaaide dag gehad.

Daar was sowat 50,000 toeskouers wat kon getuig dat die dag ‘n groot sukses was.
In die eerste game het Spiderman vir Black Panther op die dag geklop en die Leeus wen dan 19-14. Die wedstryd sal onthou word met beide spanne wat meer verdedigend gespeel het.

Vir die Leeus het Malcolm Marx en Warren Whiteley baie skerp gelyk en gaan gewis sleutelspelers vir die Leeus wees vanjaar. Elton Jantjies wat verrassend as Leeuspeler van 2018 aangewys is verlede week in Johannesburg, het ‘n goeie game op 10 gehad.


Vir die Haaie het JJ van der Mescht ‘n reuse game gehad en die groot seun kan nog diep spore in SA Ruggas trap. Die agterlyn van die Haaie was met tye redelik skerp op die aanval met Lukhanyo Am wat op buitesenter getoon het dat hy ‘n yster gaan wees in die Haai-agterlyn. Die spoedvraat Makazole Mapimpi het ook vir die Leeus hakskene gewys en ‘n skitterdrie aangeteken.

In die tweede game het Thor vir Captain America ore aangesit en wen die Stormers dan 33-28. Hierdie game het baie meer opwinding gehad met die Stormers wat 21 punte in die eerste 15 minute aanteken en dit het gelyk of die Bulle aan bomskok ly ou grote. 


Maar met halftyd was die telling meer gerespekteer met die Kapenaars wat 26-21 voorgeloop het. 
In die Stormers-span het twee nuwelinge geskitter. Op agtsteman het 19 jarige Juarno Augustus uitmuntend vertoon en hierdie mannetjie is pure Bok ou grote! Dan het die 20 jarige Salmaan Moerat jou laat dink aan Bakkies Botha. Hierdie 2m lange yster vatti kakki! 


Vir die Bulle het Warrick Gelant en Handrè Pollard goed vertoon met Lood de Jager wat as die nuwe cappie nie te sleg gevaar het nie. 


Uit hierdie games kon mens nie veel wys word nie... Die vier vaandeldraers vir SA sal moet verbeter om saam met die groot honne te blaf vanjaar.

ANDER NUUS...
Engeland klop Ierland in Dublin!
Die Blitsbokke eindig vyfde in Australië.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...