Articles
Headline News
01 February 2019

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het op 19 en 20 Januarie hul eerste kompetisie vir 2019 aangebied.


Die kompetisie het by Northam Platinum Konsentrator plaasgevind. Afskoptyd was 14:00 die Saterdagmiddag en het 14:00 die Sondag geëindig.  


Wenners is bepaal deur die persoon wat die meeste punte bymekaargemaak het. Tien punte per vis en tien punte per kilogram is toegeken. Daar het 59 hengelaars deelgeneem en die klub het nuwe lede verwelkom.


Boetie Joe Kloppers, Kayla Vorster en Lihanke Raath (afwesig) was die cub wenners. By die penkoppe is MJ Botha,  Ewald Botha en Jayson Loots as wenners aangewys. Die wenners onder die dogters was Anchenay Loots, Marijuze Parau en Zandri Bezuidenhout. Dylan Nortier het skoonskip gemaak tussen die juniors.

Die dames het ook nie op hulle laat wag nie en Rinda Haswell, Angie Raath en Alida Nortier was as wenners aangewys. Oupa Koos Viljoen, Jan Bender en Jackie Botha het gewys wie die meesters is toe hulle as die wenners in diè afdeling wegstap. Charl Nel, Joe Kloppers en Tommy Swanepoel het die titel van wenners onder die seniors gekry.   


Die volgende kompetisies vind plaas by Swartklip dam van 9 tot 10 Februarie.
Voornemende lede kan die klubvoorsitter Tommy Swanepoel skakel by 084 532 9908.

Agter van links: Joe Kloppers, Jan Bender, Tommy Swanepoel, Charl Nel, Jock, Alida Nortier, Jackie Botha, Rinda Haswell, Dylan Nortier en Koos Viljoen. Middel van links: Anchenay Loots, MJ Kloppers, Jayson Loots en Ewald Botha. Voor van links: Marijuze Parau, Zandri Bezuidenhout, Boetie Joe Kloppers en Kayla Vorster.
MJ Kloppers spog met sy 8.82kg baber.
Koos Viljoen het ‘n 9.01kg baber gevang.
Ewald Botha is trots op sy 1.03kg kurper.
Eldie Nortier en sy 6.97kg baber.

 

Share this article with a friend...