/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
01 February 2019

Thabazimbi – In 1988 het Hanlie du Plessis die o/19 dogters spiesgooirekord van 34.21m opgestel by Hoërskool Frikkie Meyer (HFM).

 
Op 15 Januarie tydens die interhuis atletiekbyeenkoms, 31 jaar later, herhaal die geskiedenisboeke homself toe Jani du Plessis haar ma se rekord verbeter na 35,14m. Jani word afgerig deur haar ma en Danie Fouché om voor te berei vir die interhoërbyeenkoms wat plaasvind op 23 Februarie.

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder vertel Hanlie: “Ek is ongelooflik trots op my dogter, sy het baie hard gewerk en die vrugte gepluk.

My hart het byna by my keel uitgespring van opgewondenheid toe hulle die afstand meet.”


Janie is baie dankbaar vir haar ma se motivering en afrigting. “Dit is ‘n wonderlike manier om my laaste skooljaar af te skop. Om die trots in my ma se oë te sien was beslis vir my die hoogtepunt van die nuwe rekord,” sê Jani.

Hanlie du Plessis en haar dogter Jani du Plessis.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0