Articles
Sport & School News
01 March 2019

Thabazimbi – Die Marakele Marathon vier sy die tiende herdenking. Dié wedloop lok alreeds meer as ‘n 1,200 deelnemers op die dag en hul hoop om hierdie jaar 1,500 deelnemers te verwelkom – waarvan die pretdraf vir 650 deelnemers gereed maak. 


Pa, ma, ouma, oupa, boetie, sussie, niggie, nefie, oom en tannie is welkom, maar ongelukkig nie troeteldiere nie. Pa kan maar vir ma ‘n stootwaentjie bring om haar die laaste stukkie te stoot as sy moeg word, maar geen fietse word toegelaat nie.


Trek iets prettig aan vir die pretdraf en jy kan dalk vir jou ‘n prys losslaan. Elkeen wat die pretdraf voltooi kry ‘n unieke groot 5 medalje en ‘n geskenkpakkie. Elke jaar se medalje is een van Suid-Afrika se groot 5 en hierdie jaar is dit ‘n renoster.


Coca Cola is die titelborg van hierdie jaar se maraton en die visie is om hierdie naweek meer-en-meer uit te brei om ‘n toerisme- ankergeleentheid vir Thabazimbi te word. Die gemeenskap is reeds by hierdie jaar se maraton betrek en verskeie lekker versnaperinge sal beskikbaar wees.


Die maraton vind plaas op Saterdag 2 Maart by die Marakele Nasionale Park. Die pretdraf begin om 07:00 by die park se ingang. Daar is ook die 10km, 21km of 42km afstande vir die meer ernstige atlete.


R30 inskrywingsgelde vir die pretdraf kan die oggend voor die pretdraf betaal word. Vir meer inligting, skakel Jacques Blaauw by 083 303 9230 of Nicolette Coetzee 079 493 4599.

 

Share this article with a friend...